Letaba Ruskamp

Rivier van Sand

Letaba, wat beteken Rivier van Sand, is 'n wonderlike, digte beboomde kamp met inwonende bosbokkies en 'n pragtige uitsig oor die Letaba rivier, waar olifante. bokke en kameelperde gesien kan word. Hierdie is olifantwereld, maar rare spesies oos eland kan ook gesien word.

Areas wat die moeite werd is om te besoek sluit in die Engelhard en Mingerhout damme en die Matabani Skuiling.

Letaba bied oggend-, sononder- en aandritte aan, 'n bosbraai en 'n begeleide staptog. Daar is 'n swembad en net buite die kamp 'n braai area met 'n swembad vir dagbesoekers. Daar is ook 'n ATM en 'n posbus beskikbaar.

Hierdie kamp is 'n goeie stop vir besoekers wat op pad is na die Limpopo Transfrontier Park in Mosambiek via die Giriyondo Hek.


Geskep: ; Laas opgedateer: