S47
Mingerhout Loop

Die Mingerhout ompad draai af uit die H1-6 and loop langs die Letaba rivier vir 14km tot dit by die Mingerhout dam uitkom. Die eerste helfte van die roete is besienswaardig met hier en daar 'n goeie uitsig oor die rivier, maar die volgende 15km gaan deur Mopanie veld, wat glad nie interessant is nie.

Langs die rivier is daar gewoonlik baie rooibokke, en olifante is gereeld te sien tussen die Mopanie bome.

By die Mingerhout dam is daar altyd seekoeie en krokodille. Die uitsig van die dam is te ver om kleiner diere en voëls van bo af te sien met die blote oog, maar as jy bietjie tyd spandeer met 'n verkyker kan jy 'n paar interessante goed sien.

Geskep: ; Laas opgedateer: