Pretoriuskop Ruskamp

Pretoriuskop is net 9km van die Numbi Hek in die Suidelike deel van die Nasionale Kruger Wildtuin.

Die kamp is omring deur rotse en skilderagtige graniet koppies en hier kan jy dalk gelukkig wees en ‘n rare spesie soos swartwitpens of renoster sien, asook die meer volop spesies soos impala, sebra, kameelperd of wildebeest.

Die H1-1 na Skukuza is defnitief die moeite werd om te ry, maar nog beter uitsigte is van Seekoeigat en Doispane Pad, vanwaar jy kan afkyk in die Sabie rivier en sy rivieragtige skoonheid.

Pretoriuskop is sentraal geleë tussen historiese plekke en naby aan die kamp kan jy die natuurlike transport ryers se roete, die geboorteplek van Jock van die Bosveld en die Albasini bouval besigtig.

Die eerste toeriste hut wat gebou was in die Park, die Wolhuter, kan in hierdie kamp gevind word, en dit beklemtoon sy unieke historiese karakter.

Geskep: ; Laas opgedateer: