H1-1
Numbi Gate to Skukuza

Wildsbesigtiging kan baie produktief wees op hierdie hoof teerpad tussen Numbi Hek, Pretoriuskop en Skukuza.

Waar die H1-1 afdraai van die H2-1 naby Pretoriuskop is die plategroei tipies van die suurveld area; lang gras met Vaalbome en Maroela bome.

Verder ooswaarts raak die area meer oop in die omgewing van die Shitlhave Dam en die kort ompad na die dam is defnitief die moeite werd om waterbok, koedoe, bobbejane, seekoeie, olifante en tot eland te sien, 'n bok wat gewoonlik baie moeilik is om te sien.

Die sentrale deel van hierdie roete loop deur breë blaar plantegroei en is gewoonlik stil in terme van wildsbesigtiging, maar wilde honde was al daar gesien op geleentheid. Om buffels te sien moet mens die kortpad vat op die S11 grondpad wat verby die Napi Rotse loop.

Nog verder oos sal jy die afdraai na Transport Dam kry, nog 'n ompad wat die moeite werd is om te ry, veral vroeg in die oggend. Hier kan jy verwag om olifant, buffels, leeus en witrenoster te sien. Op 'n goeie dag mag jy dalk vier van die Groot Vyf sien, met die uistluitsel van luiperd, wat gewoonlik moeilik is om te sien.

Hoe nader jy aan Skukuza kom, verander die plantegroei weer en die pad loop deur 'n paar skilderagtige koppies met massiewe rotse. Hierdie area is goed om van die roofdiere soos hiënas, leeus en die ontwykende luiperd te sien.

Van hier tot by Skukuza raak die plategroei weer dig, en bestaan uit die fyn blaar akasia veld, wat baie mooi is. Vroeg oggend en laatmiddag kan mens dalk wildehonde, leeus en luiperd sien.




Geskep: ; Laas opgedateer: