Nkuhlu Picnic Spot

Nkuhlu (die Swazi naam vir die Natal Mahoganie) Piekniek area is omtrent halfpad tussen Onder Sabie en Skukuza. Hier kan mens stop en 'n braai hou op die oewer van die Sabierivier terwyl jy oor die rivier uitkyk. Daar is 'n winkel en kitskos by Nkuhlu.

Hierdie is 'n goeie plek vir voëlkykers om bietjie tyd te spandeer. Hier kan jy Witkopkiewiet, Blouvisvanger, Geelbek ooievaar, Maraboe, Saalbekooievaar, Grootswartooievaar en nog vele meer te sien kry.


Geskep: ; Laas opgedateer: