H4-1
Lower Sabie Camp to Skukuza Camp

Die H4-1 is een van die wildtuin se meer aktiewe paaie, met 'n mengsel van rivierwoud, bos en digte doringbosse wat 'n wye verskeidenheid van voël- en diere spesies aantrek.

Baie van die wildtuin se Roofvoëls kan hier langs die Sabierivier gesien word. Die rivier word die hele pad langs die H4-1 gesien en die Nkuhlu Piekniek area bied 'n wonderlike uitsig oor die rivierbed, waar olifant troppe gereeld gesien word.

Voëlkykers mag as hulle gelukkig is Witkopkiewiet, Watertrapper, Swartkatakoeroe, Blouvisvanger en Rooiwangtinktinkie sien. 


Geskep: ; Laas opgedateer: