Mingerhout Dam

Mingerhout dam is gelëe op die S47 en is 'n lang strook water op die Letaba rivier en langs 'n aantreklike lae reeks sandsteen koppies.

Die dam wal is meer as 500m wyd en die dam strek 'n hele paar kilometers stroomop.

Hierdie dam word aanbeveel veral in die winterstye, aangesien dit 'n permanente watergat is in 'n gebied waar water maar skaars is gedurende die droëe seisoen.

Daar is gewoonlik krokodille en seekoeie naby die damwal en troppe diere kom gereeld water drink gedurende die dag.


Geskep: ; Laas opgedateer: