South Africa
skoonheid jy sal nooit vergeet nie

Bateleur Boskamp, gebou in 1989, is die oudste en kleinste van die bosveldkampe met 'n unieke atmosfeer en uitstekende wildsbesigtiging. Hierdie bekoorlike kamp is geleë op die oewer van die Mashokwe Spruit, ongeveer 40km suidwes van Shingwedzi, in die pragtige noordelike Mopanie/Woodland Savanna van die Kruger Nasionale Park.

Twee damme, Silvervis en Rooibosrand is in die nabye omgewing van die kamp en is beperk tot inwoners van Bateleur. Silvervis dam is die tuiste van seekoei, krokodil, bosbok, nyala en groot koorsbessie bome, en besoekers kan dalk verras word deur 'n besoek van die prins van katte, die Luiperd,

Bateleur bied besoekers 'n wildsbesigtiging skuiling wat uitkyk oor 'n watergat net buite die kamp. Roofdiere word gereeld hier gesien, tesame met fantastiese voël lewe.

A kollig is opgerig vir die besigtiging van nagdiere, wat wissel van die sivetkat, hiëna, luiperd en tot leeus kan gesien word.

Die nabye Nshawu panne is 'n uitstekende area om wild soos Blou wildebees, Burchell's Sebra, Buffel en die skaarser Tsessebe te sien. Die "Groot Vyf" word gereeld hier gesien, tesame met fantastiese voëllewe.

Akkommodasie

Bateleur bied 7 selfversorgende gaste hutte met grasdakke, wat 4 tot 6 mense huisves. Die hoofslaapkamer en elke eenheid het lugversorging en 'n ''en suite'' badkamer. Alle ander kamers het ekkektiewe dakwaaiers.

Elke eenheid het sy eie braai fasilitiete en hout kan gekoop word by die mini winkel. Elke eenheid het sy eie elektrisiteits punte met TVs met SABC 1,2,3 en Etv kanale.

Aktiwiteite

Bateleur bied oggend-, dag-, nag- en sondonder ritte aan, sowel as middag en dag staproetes saam met ervare en vaardige veldgidse.

Geskep: ; Laas opgedateer: