Baobab Hill

Die Kremetartboom op Kremetart koppie was altyd gebruik as ‘n baken op een van die vroeë handlesroetes wat deur die area geloop het. Pionier jagters het hierdie roete, wat later bekend gestaan het as die ‘’Ivoor Pad’, gebruik om hulle ivoor en diervelle te transporteer. Een van hierdie jagters, Ebersohn, het sy naam in die boom se stam uitgekrap.

Toe goud in 1886 in die Witwatersrand ontdek is, het die inwinning van swart werkers van naburige lande baie gewild geword. Baie van die agente wat die inwinning gedoen het, het by Crooks Corner en Pafuri gewerk. Hulle het die handelsroete gebruik om die werkers te transporteer na Soekmekaar Stasie, en vandaar is hulle na die myne geneem.

As gevolg van die feit dat daar ‘n fontein bo op Kremetart Koppie was, was dit gebruik as die eerste uitspan plek waar die werkers geoornag het.

Geskep: ; Laas opgedateer: