South Africa
skoonheid jy sal nooit vergeet nie

Thomas Hart was 'n "stasiemeester" op die handelsroete na en van Delagoa Baai, nou die H2-2.

Op 'n dag het 'n paar gewapende  inwoners aan sy deur geklop en hom op 'n kwaai manier vertel dat 'n paar dae tevore 'n paar wit mans na Pretoriuskop gegaan het  en een van hulle stamlede raakgeloop het wat in besit van 'n geweer was. Die wit mans het die geweer afgevat op 'n slegte manier. Die stamllid het na sy kraal teruggekeer en sy storie aan die ander vertel.

Daar is dadelik 'n party uitgestuur agter die aanvallers aan, maar hulle kon hulle nie opspoor nie. Hulle was oortuig hierdie mans was verbind aan Hart. Hulle het hom beveel om sy geweer aan hulle te oorhandig in ruil vir die een wat van hulle af weggevat is.

Hy het geweier en hulle het hom geskiet. Hy is oorlede op 22 Augustus 1876 op die ouderdom van 22.


Geskep: ; Laas opgedateer: