Stevenson-Hamilton hill & memorial

Die Stevenson-Hamilton Koppie is 'n versameling van massiewe graniet rotse, waaroor die as van die Kolonel en sy vrou Hilda gestrooi is.

Vanaf die parkering kan jy rondom 'n reuse, indrukwekkende rots loop, waarteen 'n gedenkplaat geheg is. Aan die ander kant word jy begroet met 'n manjifieke uitsig oor die hele suidelike Krugerwildtuin. Aan die verre suidwestekant kan jy tot die welbekende baken, Legogote Berg, in die rigting van die dorp Witrivier. Dit is 'n indrukwekkende omgewing en een waar jy defnitief bietjie langer sal wil bly om die atmosfeer te geniet.

Geskiedenis

Stevenson-Hamilton was gedoop "Skukuza" deur die Tsonga Shangaans, wie op die reservaat gewoon het. Dit beteken "die man wat alles onderstebo gekeer het" of "die man wat alles gesloop het".

Hierdie verwys na sy pogings om stropery uit te skakel in die reservaat en mag ook verwys na die Tsonga mense se houding teenoor hom naday hy hulle uit hulle gebied uitgesit het.

Sabie Brug se na was verander na Skukuza, die hoofkamp in die park, in sy eer. Tog, na sy dood het die "ou manne van die kraal", sommige van wie hy tronk toe gestuur het vir stropery, gese, "'n Groot man is weg".

'n Brons standbeeld, wat deur die kunstenaar Phil Minnaar geskep is, en vandag in Skukuza gesien kan word, weergee die gesigte van Paul Kruger, Piet Grobler en Stevenson-Hamilton, die stigters van die Kruger wildtuin.

Die Stevenson-Hamilton biblioteek is ook gelee in Skukuza kamp. Sy legende word ook weerspieel in 'n reeks boeke, van wie hy self die skrywer was, naamlik: A South African Eden (1937), Animal Life in Africa (1912), The Low-Veld, Its Wildlife and its People (1929), Wildlife in South Africa (1947).

Legende

En tog kan die grootste legende van James Stevenson-Hamiltong nie op papier vasgevang word nie. Dit kan net beleef word op die stuk land wat hulle die Kruger noem. Sy ware legende le in die spesies in die Kruger Nasionale Wildtuin wat hy gered het, die veiligheid van die diere teen stropery, die genot van die besoekers en die natuurlike skoonheid wat hy help red het.


Geskep: ; Laas opgedateer: