Crocodile Bridge Gate

Krokodilbrug Hek is die mees oosterlike ingang tot die Kruger Wildtuin. Dit is 12km van Komatipoort geleë, die naaste dorp aan die hoof grenshek tussen Suid Afrika en Mosambiek.

Die Krokodilbrug are is 'n samestelling van oop graslande en digte doringbosse. Dit is een van Kruger se droogste areas, en ontvang net omtrent half van die Park se jaarlikse gemiddelde reënval.

Die hek is vernoem na die Krokodil Rivier, wat die mees suiderlike grens van die Kruger Park vorm. Die rivier kry sy naam van die hoeveelheid krokodille wat daarin voorkom, en sal verseker die mees gevaarlike rivier wees om te probeer oorsteek.


Geskep: ; Laas opgedateer: