Albasini ruïnes

Die oorblyfsels van die 19de eeu se handelspos van die beroemde Portugese handelaar, Joao Albasini, kan gesien word by die Phabeni Hek, 10km van Hazyview. Dit was Albasini wat vir Willem Pretorius by die basis van Pretoriuskop begrawe het.

‘n Paar opgrawings word uitgestal onder ‘n klein grasdak lapa, tesame met ‘n kaart en addisionele inligting oor Albasini en dan is daar ‘n paar piekniek tafels onder die bome, met toilette beskikbaar.

Op die terrein is 2 grafte…Mavundla Nkanyinkayi Samuel, 1928 – 2000 en Mothasi Mavundla, “wie haar hele lewe in die Kruger Wildtuin gebly het”, en in 1965 oorlede is. Laat ons nie vergeet dat dit nie baie lank terug was dat die wildtuin net nog ‘n deel van ons land was met dorpies en inwoners nie.

Oor die eeue heen het handels aktiwiteite plaasgevind in die suid-oosterlike gebied van Afrika. Lourenco Marques, wat vandag bekend staan as Maputo (Mosambiek) sou die begin- of eind punt wees van baie van die ou handelsroetes wat heen en weer deur die land beweeg het.

Toe Albasini in die toe Portugees besette hawe arriveer in die vroeë 1800’s, het hy sy handelsbesigheid begin opstel. Hy het ‘n netwerk van handelsroetes begin wat tot so ver in die binneland gestrek het as die Laeveld en teen 1845 het hy ‘n handelspos gevestig by Magashula se Kraal (vandag bekend as Albasini Ruins). Die handelspos was gerieflik geposioneer langs twee van hierdie ou handelsroetes.

Geskep: ; Laas opgedateer: