H10
Lower Sabie to Tshokwane road

Sover as wat uitsig en wildsbesigtiging aangaan, is die H10 vanaf Onder Sabie tot Tshokwane een van die mees bevredigendste roetes. Mens kan kilometers ver sien as gevolg van die oop graslande terwyl die pad rustig deur die knoppiesdoring en maroela savanna kronkel.

Daar is 'n hele paar interessante omritte langs hierdie roete wat mens toelaat om die oostelike graslande van die Suidelike Lebombo te ontdek. 'n Uitstekende voëlkyk area is die laagwaterbrug naby Onder Sabie kamp.

Een van die beste uitsigte in die Kruger is langs hierdie roete. By die Mlondozi Dam piekniek area word jy beloon met asemrowende aansigte oor die pleins en die Lebombo, en 'n kombinasie van voël- en dierelewe by die waterkant en in die omringende area. Die dam is op die Mlondozi waterbedding, wat 'n vleiland pad rondom die Muntshe Koppie skep. Muntshe is 'n dramaties granofiet rif wat hoog bo die laeveld vloer uittroon en die transisie sone tussen die Oostelike pleins en die Lebombo koppies aandui.

Hierdie is 'n goeie plek om maraboe- en geelbek ooievaar, koedoe, seekoei en olifant te sien. Troppe zebras, buffels en wildebeeste kan gereeld gesien word waar hulle die pleins oorkruis. Die stroom aan die bokant van die dam verander in vlei vol lewe gedurende die reënseisoen, met 'n reeks van interessante watergate; die Mafotini, Loskop, Hillside, Muntshe en Rietpan.

Noord van Munthse is die brëe oostelike grasland pleins sukkel die bome om groter te groei as bossies, behalwe langs die dreineringslyne, wat gemerk is deur hardekole en maroelas. Om daar die rede is daar minder wild in hierdie graslande teenoor die area noord van Onder Sabie

Die pad nader dan die Lebombo en styg in die bergreeks in na Nkumbe, een van die beste uitkykpunte in die hele Kruger. Nkumbe is die hoogste punt in die Lebombo, suid van die N'waswitsonstso, en die uitsig oor die uitgestrekte grasland pleins en die Shilolweni bos vanaf die grasdak skuiling is asemrowend en sal in mens se gedagtes bly vir ewig.

Die pad kronkel dan uit die Lebombo tussen digte doringbos en die gemengde bos valleie van die Tshokwane area.

By die Orpen Dam, op die N'waswitsontso rivier, is daar 'n grasdak skuiling, goed geposisioneer op die randjie van die Lebombo. Dit voorsien 'n mooi uitsig oor die omringende koppies en die sandbanke onder langs die dam. Hier sal jy die groep inwoner krokodille en seekoeie sien, goeie uitsigte oor die area en uitstekende voëlkyk geleenthede geniet.





Geskep: ; Laas opgedateer: