Pathfinda
ontdek jou geheime plek

Shingwedzi

Die Shingwedzi vloed pleins is gevorm deur baie jare se vloede wat baie lae ryk grond op die onderliggende basalt gelos het. Hierdie grond huisves die groot rivier bome waarvoor Shingwedzi bekend is; die Rooi Essenhoutboom, Jakkalsbessie, Huilboerboonboom en Worsbome.

Die area is ryk aan wild teenoor die omringende mopanieveld, omdat die pleins goeie weiding bied. Die rivierbos huisves die olifant, buffel, nyala, kudu, duiker, ape, bobbejane en die Sharpe's grysbok. Luiperd, hiëna en leeus is die hoof roofdiere terwyl troppe wildehonde partymaal gesien word naby Shingwedzi Kamp. Die graslande noord van Babalala piekniek area is bekend daarvoor om jagluiperd te sien.

In die somer arriveer duisende swerwer voëls van sentrale Afrika en Eurasië, wat Shingwedzi befaamd maak vir sy voëlkyk geleenthede. Baie watervoël nes areas bestaan langs die rivier, veral rondom die Kanniedood Dam, waar mens Kolganse, Visarende en 'n verskeidenheid kleiner voëls soos Visvangers, Swaeltjies ens. kan sien.

Op die noordelike punt van die S50 het mens 'n goeie kans om luiperd te sien. Ongeveer 7km van Shingwedzi op die H1-6 is 'n plek waar hiënas somtyds hulle den maak. Luiperds en leeus word gereeld op die S52 gesien.

Olifante is volop op al die paaie rondom die kamp en in die rivierbeddens, veral langs die smal sement brug agter die kamp op die S135. S52 Red Rocks ompad is ook 'n roete waar olifante gereeld gesien word. Buffels is maklik om te kry langs die meeste paaie langs die Shingwedzi en Mphongolo rivierbeddens.

Krokodille word maklik gesien van enige pad wat langs die Shingwedzi Rivier afloop. Die klein sement bruggie op die S135 agter die kom is waarskynlik die beste plek vir besigtigings.

Red Rocks en Tshanga het twee pragtige uitkyk punte.

Mphongolo ompad

Mphongolo ompad word beskou as een van die mooiste roetes in die area met 'n grondpad wat kronkel deur manjifieke rivier woude met massiewe bome en 'n pragtige uitsig oor dele van die rivierbed.

Mphongolo loop is considered to be the most beautiful routes in the area with the gravel road twisting through magnificent riverine forests with massive trees and spectacular views of the riverbed.

Geskep: ; Laas opgedateer: