S50
Nshawu to Shingwedzi

Die S50 na Shingwedzi gaan verby die Nshawu watergate en tussen dit en die Shilowa (382m) en Shibavantsengele (482m) koppies is dit 'n redelike vervelige roete. By die Shilowa koppie kruis die pad die Steenbokskeerkring en bereik dan die afdraai na die uitkykpunt hoop op teen die Shibavantsengele koppie. Hierdie is een van die mooiste uitkykpunte in die wildtuin, met groot rotse aan die een kant, waar mense moontlik luiperd of klipspringers kan sien.

Daar is 'n pad tussen die twee koppies, wat gedien het as 'n migrasieroete vir olifante tussen Mosambiek en die Noordelike deel van die Kruger in die outyd. Hierdie roete was nadelig beïnvloed deur die draad wat gespan was om die Kruger te omhein, maar intussen is die draad weer verwyder met die proklamering van die Limpopo Oorgrens Park en daar word gehoop dat die olifante weer die roete in gebruik neem in die toekoms.

Die volgende stop op die S50 is die Grootvlei dam, waar olifante en buffels gesien kan word.

Die Nyawutsi voëlskuiling verder aan is 'n stil skuiling waar mens tyd kan spandeer in stilte langs die water. Jy mag verras word deur 'n luiperd wat kom water drink uit die digte bosse of 'n trop olifante wat kom afkoel.

By die punt waar die pad by die Shingwedzi rivier aansluit is Dipene, wat as 'n dip plek gedien het vanaf 1938, om te probeer verhoed dat bek-en-klouseer versprei het gedurende daardie tyd.

Die S50 land die Shingwedzi rivier is een van die gewildste roetes in die wildtuin, met die groot bome langs die rivier oewer en baie meer diere besigtigings as die eerste deel van die roete. Olifante, nyalas en kudus word gereeld gesien naby die rivier, terwyl seekoeie volop is in die rivier.

Troppe bobbejane word veral gesien naby die kamp, waar hulle baie vermaaklik kan wees as mens bietjie tyd met hulle spandeer. 

Geskep: ; Laas opgedateer: