S44
Letaba River Road

Die S44 afdraai is net 1km van die Olifants Kamp af, 'n stil en mooi alternatiewe roete na Letaba. Op hierdie grondpad is diere maar skaars, maar die rotserige omgewing maak dit nog steeds 'n interessante roete, veral met 'n mooi uitsig oor die Olifants rivier elke nou en dan.

By die Olifants Rivier uitkyk punt kry jy 'n asemrowende uitsig oor die Olifants rivier naby aan die Olifants/Letaba monding. Wees op die uitkyk vir troppe olifante en buffels en kameelperde onder in die rivier. Krokodille en Seekoeie is volop. Saalbekooievaars en bloureiers kan ook gesien word op die rivierbed.

Die S44 sluit aan by die S46.

Geskep: ; Laas opgedateer: