S40
Nsemani Road

Die S40 Nsemani pad is 9km van die Satara kamp. HIerdie pad lei na die Timbavati Piekniek area and gaan verby die Nsemani Dam en Girivana Watergat.

Nsemani dam, nie ver van Satara, is bekend vir waterbok en oor die algemeen word seekoeie en krokodille in en om die water gevind, tesame met klein bokkies soos steenbok en duikers. Luiperds word ook gereeld gesien in die bosse wat die dam omring. Die dam is die tuiste van 'n groot verskeidenheid voëls, wat Kolganse en Wildemakoue , Visarende, Lepelaars, Bontkiewiet, Bloureier en Buffelwewers insluit.

Die Girivana Watergat is 'n goeie plek om te ontspan en tyd te spandeer, want dis 'n baie gewilde plek vir wilds- en voëllewe. Leeus en Olifante is ook gereelde besoekers daar.

Na die watergat sluit die S40 aan by die S39 na 11km.

Geskep: ; Laas opgedateer: