Shingwedzi Ruskamp

Shigwedzi, of die Plek van Ysterklip, is goedversorgde, droë en veraf kamp op die oewer van die Shingwedzi Rivier, met uistekende wildsbesigtiging vir die Noordelike deel van die Park.

Dit is ook ‘n goeie plek vir wildslewe fotografie. Hierdie deel van die Park is absoluut pragtig in die winter wanneer die Impala lelies blom.

Baie besienswaardige roetes rondom die kamp, wat insluit die S50 langs die Shingwedzi Rivier na Kanniedood Dam, waar olifant, kudu, nyala en waterbokke gereeld gesien kan word, en voëllewe is ook volop.

Shingwedzi bied akkommodasie in historiese hutte, oggend en aand wildsritte, konferensie fasiliteite, ‘n mini OTM, winkel en restaurant aan besoekers.

Geskep: ; Laas opgedateer: