Punda Maria Ruskamp

Punda Maria is in 1934 gebou op die laer hange van ‘n heuwel en behou vandag nog sy ‘’Ou Afrika’’ sjarme en aangesien dit so ver weg is van alles is dit baie stile n vreedsaam. Aangesien dit die mees noordelike kamp van die Kruger is, is dit baie warm in die somer.

Die naam ‘’Punda’’ wat beteken gestreepte donkie of zebra, is geleë in die Park se hoogste reënval area en is daarom ‘n paradys vir voëlkykers.

Die kamp is naby genoeg geleë aan Pafuri Piekniek area en Crooks’ Corner om dit met ‘n dagrit te kan besigtig.

Punda Maria het die Nyalaland WIldernis Staproete, die Paradys Vlieëvanger Staproete, en die Thulamela Argeologiese terrein rondom en naby aan die kamp.

Hulle bied dag en nag wildsritte, swembad, mini OTM en voëlskuiling in die kamp aan besoekers.


Akkommodasie

  • Een Familie bungalow
  • Vier 3-bed bungalows
  • Agtien 2-bed bungalows
  • Sewe luukse safari tente

Fasiliteite

  • Publieke Telefoon
  • Posbus
  • Kafeteria
  • Winkel
  • Klerewassery
  • Petrol Stasie
  • Gemeenskaplike Kombuisgeriewe
  • Gemeenskaplike Badkamergeriewe
  • Swembad
  • Dagbesoekers Piekniek area
  • Eerstehulp Kassie
  • Selfoon Ontvangs

Geskep: ; Laas opgedateer: