South Africa
plekke wat jy nooit sal vergeet nie

Biyamiti Bosveld Kamp is langs die Mbiyamiti Rivier geleë. Die kamp het ook sy naam aan hierdie rivier te danke. Dit voorsien aan die besoeker 'n ondervinding so reg uit Afrika. Dit is in 'n ideale are geleë wat goed is vir wildsbesigtiging, terwyl jy lekker teruglê in die skadu van 'n wilde vyeboom of Jakkalsbessie, of 'n braai geniet tussen die Delgoa bosse, wat volop is in hierdie area.

Biyamiti is 'n intieme and afgesonderde boskamp en toegang is beperk tot gaste wat 'n bespreking hier het vir akkommodasie. Daar is geen winkel, restaurant of petrolstasie nie. Die restaurante en winkels is by Onder Sabie en Berg-en-Dal kampe, en hulle bied 'n wye reeks produkte. Elke hut is toegerus met braai fasiliteite en oop parkering is beskikbaar.

Sonpanele genereer elektrisiteit vir ligte en waaiers alleenlik. Die yskaste het nie vrieshokkies nie, maar 'n gemeenskaplike vrieskas in beskikbaar in die kamp.

Beddegoed, handdoeke en seep word voorsien en die wooneenhede word skoongemaak.

Nagritte is beskikbaar.

Akkommodasie

Twee-slaapkamer hutte

(5 persone per hut). Albei slaapkamers het dakwaaiers, een het 3 enkelbeddens en die ander 2 enkelbeddens.

Een slaapkamer het 'n en suite badkamer (bad, toilet en wasbak). Daar is 'n aparte toilet en 'n aparte stort en wasbak.

Die kombuis het 'n gasstoof (met oond), yskas, wasbak, kookgereedskap, breekware en eetgerei. Die eetkamer is op 'n oop veranda.

Eenslaapkamer hutte

(4 persone per hut). Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n dakwaaier. Daar is twee slaapbanke in die woonkamer en 'n dakwaaier.

Die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak en 'n deurloop na die slaapkamer en woonkamer.

Die kombuis/eetkamer is in 'n oop veranda en het 'n tweeplaat gasstoof (sonder oond), wasbak, yskas, kookgereedskap, breekware en eetgerei.








Geskep: ; Laas opgedateer: