Hippo Pools Lookout

Seekoeigat Uitkykpunt is 8km van die Krokodilbrug hek, op die S27. Hier het mens 'n bree uitkyk oor die Krokodilrivier en kan jy uit jou motor klim.

Daar is normaalweg 'n wag aan diens wat vir jou die San boesmantekeninge wys op die rotse wat uitkyk oor die rivier. Ongelukkig is die meeste van hierdie tekeninge uitgewis deur die vloede in 2000.

Daar is 'n goeie kans om seekoeie, krokodille, olifante en buffels in en om die rivier te sien.

Geskep: ; Laas opgedateer: