Tamboti Tent Ruskamp

Tamboti Tent Kamp is een van die Park se mees gewilde kampeer plekke. Die safari tente op stelte word gekomplimenteer deur die area se hoe Maroela en Tamboti bome, wat sorg vir die kamp se atmosfeer van rustige isolasie, terwyl die Timbavati rivierbed, wat normaalweg deur die jaar droog is, 'n pragtige uitsig bied.

Gereelde besoekers in die area is Kudu en die Swart Renoster, omdat albei 'n voorliefde het vir die bitter blare van die Tambotie boom.

Baie ander diere kan besigtig word vanuit die gemak van 'n opelug safari voertuig, 'n aktiwiteit wat die eerste keuse van enige bosbesoeker is. Terwyl hierdie wildsritte die geleentheid bied om die Groot Vyf raak te sien, kan voelliefhebbers dit geniet om tyd te spandeer by die voelskuiling by die Tambotie Kamp of by een van die nabygelee damme, in die hoop om een van die vele spesies in die gebied te sien. Dit sluit in die Maraboe Ooievaar, Visarende en Donkersingvalk.

Wild in die area sluit in olifant, sebra, impala, vlakvark, wildebeest en kameelperd op die pad van Orpen en Satara. Daar is ook al leeus, jagluiperde en luiperde gesien.

Toegeruste veldgidse met baie kennis is ook beskikbaar om groepe te begelei in die bos vir 'n paar ure, langs die skilderagtige roete van die Timbavati Rivier area, waar hulle gaste opvoed oor hoe om die bosveld area te observeer en deel ook hulle ongelooflike feite van die wildernis. Op begeleide staproetes kry mens die kans om die kleiner diere en interessante spore raak te sien wat gemis word wanner dit vanaf 'n voertuig gedoen word.

Aan die einde van die dag kan gaste ontspan langs die kampvuur by die boma, en mekaar lank besig hou met stories oor die dag se besigtinge en ondervindings.

Safari Tent akkommodasie eenhede by die Tamboti kamp is self voorsienend en word daagliks skoongemaak. Gaste het die opsie om in die semi-luukse tente langs die rivier of die meer beskostigbare twee- of vierbed tente te bly, wat ook op die rivier uitkyk.

Die rustigheid en harmonie in hierdie omgewing van die Tamboti Tent Kamp vang besoekers vas en veroorsaak dat mens deurentyd hier wil bly 
 

Geskep: ; Laas opgedateer: