Talamati Bosveldkamp

Talamati is 'n Xitsonga woord wat beteken "Baie Water" en is geleë suid-oos van die Orpen Ruskamp, op die oewer van die Nwaswitsontso rivier ongeveer 31km van die Orpen Hek, op die westerlike grens van die Park.

Talamati is in 'n goeie wildsbesigtigings area, met die Groot 5, Cheetah, Wilde honde en ander algemene wild wat gereeld gesien word.

Daar is 2 skuilings in die kamp langs die grensdraad, wat oor 'n watergat en die omringende omgewing uitkyk.

Daar is geen winkels, petrolstasie of restaurant beskikbaar nie. Die naaste winkel is by die Orpen Ruskamp.

Akkommodasie

Gaste Huise

Daar is 10 x 2 slaapkamer eenhede..

Elke slaapkmer het dakwaaiers en 2 enkelbeddens elk.

Die kombuis het 'n gasstoof, yskas en is ten volle toegerus.

The kitchen has a gas stove, fridge, sink, cooking utensils, crockery and cutlery.

Hutte

Daar is 4 x 1 Slaapkamer eenhede met 2 enkelbeddens en 'n dakwaaier in elk.

Elke eenheid het 2 slaabanke in die leefarea, sowel as 'n dakwaaier.

Eenhede word daagliks skoongemaak en handdoeke, beddegoed en seep word voorsien.

Yskase het nie 'n vrieskompartement nie, maar daar is 'n gemeenskaplike vrieskas in die kamp.

Braai fasiliteite word voorsien en oop parkering is beskikbaar.

Sonpanele voorsien krag vir ligte en waaiers alleenlik.

Geskep: ; Laas opgedateer: