Das Neve's Cross

Op die S95, naby aan Letaba, is 'n portugese kruis uitgekerf op 'n ou hardekool boom.

Die betekenis van hierdie kruis, of presies wie dit uitgekerf het, is onseker. Daar word geglo dat die kruis deur Diocleciano Fernandes Das Neves gekerf is. Hy het in Lorenzo Marques in Oktober 1855 op die ouderdom van 25, en het teruggekeer na Portugal sowat 13 jaar later. Gedurende die 13 jaar, het hy in die binneland handel gedryf, en was ook 'n ivoor jagter.

Sy handelsroete het deur die Krugerwildtuin geloop. Dit is moontlik dat hy die kruis uitgekerf het op sy reis na die Soutpansberg in 1860/61.

Geskep: ; Laas opgedateer: