Numbi Hek

Numbi was die eerste hek waardeur besoekers die Kruger Nasionale Park binnegekom het, 'n jaar nadat dit vir besoekers oopgestel is, in 1926. Daar was 'n getal van drie karre aangeteken, en elkeen was 'n bedrag van een pond gevra vir toegangsgeld.

Op daardie stadium was Pretorius,op die enigste oornag fasiliteit vir besoeker in die Park. Twee jaar later was nog 'n paar kampe gebou en dit was moontlik om na die Olifantsrivier te reis nadat die paaie gebou is.

Numbi het sy naam gekry van die Siswati woord vir klein vrug van die Stamvrug. Die Stamvrug, wat 'n soeterige smaak het en ryk is aan vitamiene C, was deur die Voortrekkers gebruik om Mampoer te maak. In tradisionele Afrika medisyne word die Stamvrug se bas gebruik om rumatiek te behandel.


Geskep: ; Laas opgedateer: