Stoel Monument

Wanneer ‘n mens Middelburg verlaat op die Richmond grondpad sal jy ‘n groot ou peperboom vind aan jou linkerkant net voor jy oor

die nekkie ry. ‘n Aanwysbord wat lees “STOEL MONUMENT” is onseremonieus aan ‘n tak opgehang wat laag oorhang in die pad se rigting.

Die monument staan weggesteek reg agter die boom en verbygangers sal dit maklik mis as hulle nie aftrek en uit die voertuig klim nie.

Die Stoel Monument is ‘n hoe struktuur wat gepaslik gebou is met verwekte dolerietklip waar dit opgerig staan tussen ronde, roesbruin

doleriet klippe aan die hange van Ouberg koppie.

Die struktuur bevat drie graniet tablette, een met ‘n riempie stoel daarin gegrafeer en een met die bewoording, “TER ERE VAN KOMMANDANT J. LOTTER en P.J. WOLVAARDT WAT ALHIER GEFUSILLEER IS OP 12 - 10 - 1901 en 15 - 10 - 1901 RESPEKTIEWELIK”. ‘n Kliener steen bo-aan lees “WAT BETEKEN HIERDIE KLIPPE VIR JULLE? (JOSUA 4:5.)”

Geskep: ; Laas opgedateer: