Timbuktu Bistro & Pub

Restaurant langs die treinspoor

TImbuktu Restaurant is 'n ten volle gelisensieerde restaurant waar mens 'n heerlike middag- of aandete van die spyskaart kan bestel saam met 'n yskoue bier of 'n glas wyn.

Dis die laaste restaurant op die "Canyon to Kruger"roete voordat jy jou reis voortsit na die Krugerwildtuin se Orpen Hek of in die rigting van Hazyview of Nelspruit.

Ons is oop 6 dae 'n week tot laat.

Timbuktu is gelëe langs die Klaserie treinspoor en mens kan gereeld treine hoor verbygaan.

Die restaurant is naby aan die Klaserie Dam, so jy kan 'n lekker aandete geniet en hoef nie te ver in die donker terug te ry nie.

Geskep: ; Laas opgedateer: