Ontdek Suid-Afrika
lug jou kop uit die sand

H1-5 teerpad

Die H1-5 teerpad tussen Letaba en Olifants kampe vat jou deur relatiewe plat mopanieveld. Net voor Olifants is Shamiriri, een van 'n paar noordelike sandsteen koppies wat die waterskeiding tussen die Olifants- en Letaba riviere maak. 

Verby Shamiriri Koppie (297m) benader jy die Olifants Rivier en een van die mooiste dele van die Park verskyn soos die mopanie veld minder word en verander in die Olifants bosveld. Dan word jy begroet met die digbegroeide rivierwoud van die Olifantsriver. Daar word gereeld luiperds gesien langs hierdie roete, want hierdie groot katte hou daarvan om te jag in die bos rondom die rivier en in die koppies.

'n Goeie uitkykpunt wat oor die Olifants Rivier uitkyk is aan die westekant van die hoofpad, net na die H8 afdraai. Daar is 'n manjifieke wildevyeboom met baie voël aktiwiteit en ook 'n aantal jakkalsbessies en mingerhoutbome nader aan die water se kant. Die mees algemene groot diere wat hier gesien word is olifante en buffels, terwyl troppe rooibokke langs die rand van die bos beweeg.

Letaba Rivier Pad (S46, S44, S93)

Hierdie pad loop langs die oewer van die Engelhard Dam en volg die Letaba Rivier amper tot by die monding van die Letaba Rivier. Ongelukkig het die 2000 vloede 'n negatiewe effek op die uitsig van die Engelhard Dam gehad deur groot sandbanke langs die river te spoel, wat verander het in rietbeddens wat die uitsig van die water van die pad af belemmer. Die nabyheid van die rivier beteken gewoonlik dat daar wild in die omgewing is, maar met die klipperige veld met min weiding en oop stukke grond bly hulle nie lank nie.

Die rivier kan hier en daar gesien word langs pad terwyl dit deur die digte bos kronkel, met kameelperde en seekoeie aan die oorkantste oewer. Op die grondpaaie tussen Letaba en Olifants kan leeus gereeld gesien word met hul prooi, hoofsaaklik buffels.

Die Olifants uitkyk punt word hoogs aanbeveel vir sy pragtige uitsig oor die rivier en die Lebombo reeks aan die oostelike kant. Op die S44 kan voëlkykers moontlik beloon word met die skaars saalbekooiveaar en swart ooievaars, omdat die Olifants rivier een van hulle hoof broei areas is.


Geskep: ; Laas opgedateer: