South Africa
plekke wat jy nooit sal vergeet nie

Die H2-2, Voortrekker Pad is die mees direkte roete van Pretoriuskop na Malelane.

Hierdie pad gaan verby 'n verskeidenheid van geologiese kenmerke soos dit afdaal van die bergagtige Pretoriuskop suurveld na die rollende heuwels van gemendge boswilg. Dit is 'n goeie roete na die wildryke vlaktes suid van Skukuza.

Die beroemde "Jock of the Bushveld" is langs hierdie roete gebore en die eerste wit renosters van die Krugerwildtuin was in hierdie area bekend gestel. Die oorblyfsels van die struktuur waar twee bulle en twee koeie losgelaat is in Oktober 1961 is vandag nog te sien.

DIe Voortrekker pad volg 'n gordel van soetveld wat die westerlike suurveld binnedring, en dit maak dit een van die beter paaie in die suid-wes vir wildsbesigtiging met die soetveld wat naby aan die voet van die bekende Skeepsberg.

Josekhulu Drif is omtrent halfpad tussen Skeepsberg en Afsaal, waar swerm voëls gereeld gesien kan word tussen die hoë bome naby die water. Josekhulu is vernoem na die Albasini induna, of hoofman, a groot Zulu met die naam van "Groot Josef", wat in beheer van die area was. Die plek waar 'n handel winkel gebou was deur Thomas Hart gedurende die 1870's om voorraad te verkoop aan portiere wie voorraad van die kus na Pretoriuskop gedra het, is naby Josekhulu.

Hart het 'n klomp ongewone troeteldiere gehad wat insluit 'n jagluiperd, ratel, jakkalse, pappegaaie, ape en 'n paar slange, wat gehelp het om sy eensaamheid hok te slaan in sy geïsoleerde bestaan. In 1876 was hy vermoor deur bandiete en is deur simpatieke Swazi soldate begrawe langs die pad.

Mitomeni Spruit, die plek van Jakkalbessies, is verder aan waar die pad die Mitomeni spruit oorkruis. Hierdie punt was 'n gunsteling uitspan plek vir die transport ruiters en die koeëlgate in die Hardekool boom wat hulle gebruik het vir teiken skiet oefening kan vandag nog gesien word.

Geskep: ; Laas opgedateer: