Pathfinda
ontdek jou geheime plek

Die H1-2 teerpad is die hoofpad tussen Skukuza kamp en die Tshokwane Piekniek Area, en om te voorkom dat die teer smelt in die somerhitte word sekere dele toegegooi met sand.

Die eerste gedeelte, nader aan Skukuza wat langs die oewer van die Sabie Rivier afloop, is baie dig aan elke kant van die pad. Hierdie is 'n uitstekende pad om luiperds te sien vroeg oggend of laat middag. Die pad oorkruis to laagwater brue, een oor die Sabie Rivier en een oor die Sand Rivier. Hierdie brue is onder water wanneer die riviere vol is, wat elke nou en dan gebeur in die reënseisoen. 

In 'n Noord-Oostelike rigting op die H1-2 van Skukuza is daar 'n paar plekke om te stop langs die pad. Op die S83 Maroela Ompad word leeus gereeld gesien. Noord-wes van die kruising met die S36 is Mantimahle Dam. Die uitsig uit elke rigting is redelik sleg, maar die gelukkiges kan diere sien drink of afkoel in die water. Die Olifant watergat afdraai is nie veel verder nie in die rigting van Tshokwane en defnitief die moeite werd om te besoek.

Verder aan is daar twee meer stop plekke. Die eerste een is die Eileen Orpen Rotse en die tweede die Kruger Tablette. By die Kruger Tablette mag mens uit die voertuig klim, maar wees op die uitkyk vir leeus of luiperds wat op die rotse rus of olifante en buffels in die omgewing.

Op pad na Tshowane is die Leeupan watergat, wat onvoorspelbaar is vir diere, maar volop is met voëls.

Naby Tshokwane word die area meer oop en mens kan meer sien. Jagluiperde word partymaal gesien in die noord-oosterlike strook van die H1-2 en olifante is ook baie algemeen.

Een van die mees belowende redes om die H1-2 te ry is om die skaars swartwitpens te sien. Die area rondom Olifantdrinkgat waar die S36 noord draai, is een van die beste areas in die hele wildtuin om hierdie elegante bok te sien.




Geskep: ; Laas opgedateer: