South Africa
skoonheid jy sal nooit vergeet nie

Die Mahonie ompad rondom Punda Maria is 'n uitstekende begin tot die sandveld. Dit was vernoem na die Peulmahonie boom, waarvan daar baie in die area is.

Die Mahonie ompad is beroemd vir plante en diere wat skaars is elders in die Park. Bome soos die knoppiesvy, wildesering, wildesuikerappel en mirt boswilg. Van die minder algemene bokke wat gesien kan word langs die roete is die skaars, klein Suni Bok, die kleinste in die Park, asook die Sharpe's grysbok.

Die Suni, ook bekend as die Linvingstone bok, is tuis in die digter sandveld bos. Hulle hou daarvan om apies te volg en eet dan van die vrugte en blare wat val van die bome terwyl die ape eet. Hierdie klein bokkie, wat nie hoër as 'n liniaal is nie, is maklike prooi vir 'n groot verskeidenheid roofdiere, ingesluit luislange, luiperds en groter roofvoëls.


Geskep: ; Laas opgedateer: