South Africa
skoonheid jy sal nooit vergeet nie

Die hoogs aanbevole Timbavati Pad is die mees direkte roete tussen Orpen, Olifants en Letaba kampe in die noordelike area.

Dit is een van die Kruger se beste paaie, en volg die Timbavati River vir amper 50km deur 'n diverse mengsel van doringveld wat veander in mopanieveld oor 'n reeks van verskillende geologiese zones -granite, gabbro, ecca shales en basalt. Die naam Timbavati is afkomstig van 'n Shangaan woord vir "brak water", maar tog is hierdie tak van die Olifantsrivier a betroubare bron van water vir die wild in die sentrale streek van die wildtuin.

Vandat die heining tussen die westerlike deel van die Kruger en die privaat wildsreservate in die Timbavati verwyder is, het diere getalle vermeerder en omdat die pad soveel verskillende geologiese sones deurkruis, is diere- en plantlewe divers.

Neushoringvoels is meer as die impala waar die paaie tussen doringveld en gemengde boswilg kronkel, suid an die Timbavati Piekniek plek. Troupante is meer gewoon in die doringveld verder weg van die rivier, waar die Laksman domineer.

Een van die top 10 plekke vir Wildslewe fotografie is Leeubron Water gat, gelee op die S39, waar die Kruger se legendariese wit leeus al gevind is.

Die afdraai na die Timbavati Piekniek ples is gemerk deur 'n Kremetart book en is 'n goeie plek om te stop en te rus. Dit kyk uit oor die rietbeddens en sandbanke van die Timbavati River en is by die Suidelike punt van die Olifantse veld, en grens aan Maroela en Rooiboswilg veld. Olifante word gereeld gesien naby aan die plek. Soos by ander piekniek plekke, het die voer van diere 'n problem geword. 'n Duiker sal uit die rivierbed kom om sy deel te ontvang, terwyl voels soos Patryse en Spreeus almal in bedelaars verander het.

Die Piekniek plek het ablusie fasiliteite en koeldranke en braaihout kan ook gekoop word. Gasbraaiers kan gehuur word, aangesien oop vure streng verbied word.

 Die pad noord vand die Olifants Ruskamp kan wemel van wild, veral in die doringvelde. Die Gompou, wat die swaarste vlieende voel in die wereld is, kan hier gesien word. 'n Plek wat besoek moet word is die Ratel Pan Skuiling, wat oor die Piet Grobler Dam uitkyk.. ''n Besoek aan die Roodewal en Goedgegun Water gate kan ook belonend wees.

Geskep: ; Laas opgedateer: