S62
Cul de Sac from Letaba to Engelhardt Dam

Die S62 loop langs die Engelhard Dam aan die noorde kant van die Letaba Rivier. Hierdie pad is redelik klipperig, maar defnitief die moeite werd, met 'n paar afdraaie na die dam, wat 'n pragtige uitsig oor die water bied.

Die Matambeni voelskuiling is gelee op die waterkant. Hierdie is 'n skuiling waar mens 'n paar rustige ure kan spandeer, met 'n mooi uitsig oor die dam. Krokodille, seekoeie, visarende, reiers, grootlangtoon, byvreters en baie meer kan hier gesien word. Op die oorkantste oewer kan kameelperd, olifant, buffel, waterbok en kudu gesien word.

Die pad gaan deur mopanieveld, en 10 kilometer van die teerpad is die Engelhard uitkykpunt, waar jy 'n pragtige uitkyk oor die damwal het, met die Lebombo reeks aan die weste kant.

Geskep: ; Laas opgedateer: