S52
Shingwedzi River, Red Rocks loop

Een van die meer geliefkoosde paaie in die noorde van die Park is die S52. Die Shingwedzi Red Rocks pad loop aan beide kante van die Shingwedzi rivier deur 'n pragtige omgewing wat die besoeker baie meer bied as enige ander gewone Krugerwildtuin pad.

Twee van die beste uitkyk punte in die Kruger is op hierdie pad. Die een uitkyk punt, Red Rocks, kyk uit oor 'n ongelooflike deel van die Shingwedzi Rivier met massiewe rooi rotse wat die vallei bedek. Mens kan tot uit jou kar klim hier!

Verder aan van die Red Rocks uitkykpunt is daar 'n pad na die linkerkant naby aan die oorkantste oewer van die rivier wat 'n groot deel van die S52 uitsny. Hierdie is uitstekende luiperd wereld.

Wanneer jy die rivierbed oorkruis hou jou oe oop vir krokodille, buffels, blou reier en waterbok. Jy behoort ook zebra, impala en so nou en dan leeu te sien. Olifante is ook baie algemeen langs hierdie pad.

Daar is talle uitkykpunte langs die rivierbed, elke mooier as die vorige een.


Geskep: ; Laas opgedateer: