S48
Tsendze Loop

Die Tsendze ompad draai af uit die H1-6 and loop meestal langs die Tsendze rivier, 'n seisoenale rivier. Die rivier uitsig is 'n welkom verandering van die omringende Mopanieveld, wat hierdie deel van die wildtuin domineer.

Naby aan die plek waar mens weer by die H1-6 uitkom is 'n monding van die Tsendze- en Nshawu riviere, wat 'n baie mooi uitsig bied en waar saalbekooievaar gesien kan word.

Hierdie ompad word gewoonlik gesluit na swaar reéns.

Geskep: ; Laas opgedateer: