S39
Timbavati Road

Hierdie roete word gesien as een van die gewildste paaie in die Kruger Nasionale Park. Dit volg die Timbavati Rivier, wat die park binnegaan naby die Maroela Kamp Area and is 'n tak van die Olifants Rivier.

Olifant, kameelperd en kudu word gereeld gesien en die prins van katte, die luiperd word ook baie hier gesien.

Daar is 'n paar plekke op die roete wat mens kan uitklim en bene strek, die Timbavati Piekniek area en die Ratelpan Voëlskuiling.

Die Piet Grobler dam is geleë na die voëlskuiling. Dis 'n groot sementdam wat vernoem is na Piet Grobler, wie 'n groot aandeel gehad het in die vorming van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke).

Die roete hou dan nog aan vir 27km voor dit aansluit by die H1-4 na Olifants.

Geskep: ; Laas opgedateer: