H5
Randspruit Road

Die Randspruit Pad (H5) loop wes vanaf die hoof Krokodilbrug, Laer Sabie teerpad by die Gomondwane watergat.

By hierdie kruising is 'n paar bloekombome, die enigste in die Krugerwildtuin, wat die plek merk waar die befaamde laeveld skurk, Sardelli die Griek, 'n baie harde vorm van alkohol wat hy self vervaardig het, verkoop het. Hy het ook 'n bende gehad wat mynwerkers beroof het, wanneer hulle van Mosambiek na die Witwatersrand gereis het. Sardelli is daarvan verdink dat hy 'n ander winkeleienaar, Charlie Woodlands, beroof en vermoor het terwyl hulle saam na Delagoa Baai gereis het. Op 'n tyd wat sy verstandelike vermoens begin vervaag het, het hy begin werk as 'n veewagter by Mica. Hy is uitendelik dood in 'n toevlugsoord vir besetenes.

Die area rondom die H5 word gekaraktiseer deur lae, rollende heuwels met 'n mengsel van suur- en soetveld.

Knoppiesdoring, boswilge en maroela bome is meer dominant in hierdie area, wat voorkeur geniet deur blaarvreters. Kameelperd, Kudu, duikers en impalas word algemeen gesien.

Op geleentheid kan Klipspringers gesien word tussen die rotse. Olifante en buffels kan ook gesien word in die rivierbeddings, wat omring is deur Sycamore vyebome, Jakkalsbessies en worsbome.

Hierdie area is bekend daarvoor om die rare swart renoster te sien.

Die pad gaan dan deur 'n bos area waar swartwitpense somtyds gesien kan word.

Geskep: ; Laas opgedateer: