South Africa
skoonheid jy sal nooit vergeet nie

Tussen die 15de en 17de eeu, het 'n afdeling van Groot Zimbabawe 'n sitadel in die noordelike dele van wat vandag bekend is as die Kruger Nasionale Wildtuin. Dit was geleë op 'n heuwel en het uitgekyk oor die Luvuvhu Rivier.


Die klipmure was soortgelyk aan die van Groot Zimbabwe en het 'n elite van ongeveer 1000 mense gehuisves in die koninklike omheining, terwyl a verdere ongeveer 2000 mense in die omliggende areas gewoon het.

Die inwoners van Thulamela was ywerige handelaars, wat handel gedryf het met goud, ivoor en tot slawe met die bure in die area en Arabiese handelaars wat gewerk het van die hawens aan die ooskus.

Argeoloë het die oorblyfsels gevind van glaskrale, Chinese porselein wat dateer van die Ming geslag, ingevoerde geweefde materiaal, goud, brons, koper en yster produkte and koninklike klokke van Wes-Afrika.

Die terrein was onlangs die fokus van beduidende belangstelling, omdat argeoloë die ondersoek onderneem het van 2 geraamtes wat op die terrein ontdek is. Alhoewel die bevinding self nie van groot belang is nie, maar die argeologiese metodes wat gebruik is om die geraamtes op te grawe.

Op 'n tyd wanneer baie inheemse kulture begin vrae vra het oor die rede vir die verwydering van hulle voorvaders vanuit hulle grafte, het hierdie terrein die middelpunt geword van 'n debat oor hoe die oorblyfsels ondersoek moet word, terwyl daar verseker  word dat die moderne afstammelinge se wense gerespekteer word.

Die geraamtes van die koning en koninging van hierdie nedersetting was opgegrawe, klein monsters en afmetings was geneem en daarna is die koninklike paartjie weer begrawe in hulle oorspronklike rusplek, in wat 'n eerste was vir internasionale argeologie.



Geskep: ; Laas opgedateer: