Ontdek Suid-Afrika
lug jou kop uit die sand

Rooibosrant Dam is naby aan die Bateleur Boskamp. Die dam het 'n oorvloed van watervoëls, soos die Lepelaar, Nonnetjie-eend, Rooibek eend, Moeras-, rooipoot- en bosruiter, Langtoon en Visarend.

Olifante, buffels, jagluiperd, waterbok, koedoe en kameelperd word gereeld hier rond gesien.

Die plantegroei is nie so dig hier nie, en die pad loop naby aan die dam verby, en daardeur kry mens 'n goeie uitsig.


Geskep: ; Laas opgedateer: