Grootvlei Dam

Op die S50, 'n redelike ver ent van Shingwedzi kamp, is die Grootvlei Dam. Hierdie dam is normaalweg 'n lekker stil plek om bietjie tyd te spandeer, omdat daar nie baie verkeer is nie.

Olifante en buffels hou van hierdie dam, en koedoe, rooibokke en zebra kom ook gereeld verby om hulle dors te les.

Visarende, grootlangtoon, bloureier en rietduikers is van die voëls wat hier gesien kan word.

Die Shibavatsengele uitkykpunt is 8km van die dam af.

Geskep: ; Laas opgedateer: