Crooks Corner

Die pad na Crook’s Corner loop onder majestieuse vyebome, jakkalsbessies en ‘n woud van koorsbome deur. Hierdie is die plek waar die Limpopo en Luvuvhu Riviere en drie lande, Zimbabwe, Suid-Afrika en Mosambiek ontmoet.

In die 1900’s het wapenhandelaars, wilddiewe, vlugtelinge en enige iemand wat die wet wou ontduik, Crook’s Corner as ‘n veilige hawe gesien, want dit was maklik om gou na ‘n ander land oor te beweeg wanneer die polisie van ‘n seker land aankom.

Daar is ‘n groot gedenkteken om die legendaries ivoor jagter Cecil Barnard (Byekenya), wie op die eiland in die middle van die Limpopo weggekruip het om te verhoed da thy gevang word deur veldwagters en polisie in die 1920’s. Ironies, het Barnard later self ‘n veldwagter geword. Die polisiestasie is later by Crook’s Corner gebou.

Groot Biodiversiteits Gebied


Hierdie area word gesien as een van die Kruger se grootste biodiversiteits areas, met van die grootste trope olifante, buffels, luiperd en leeus en ‘n ongelooflike verskeidenheid voëllewe.

Hou jou oë oop vir kudu en nyala, bobbejane en ape – ingesluit die samango aap. Seekoeie en krokodille vergader ook hier in groot getalle.

Baie voël- en dierespesies wat gewoonlik moeilik in ander areas gesien word kom hier voor. In die somer is die area vol skaars voëlspesies, soos Geelbektroupant en Knopsterttroupant, Spotsanger, Springkaansanger en Lysternagtegaal.

In Mei 2007 is die biologiese belangrikheid van die area erken deur as ‘n Ramsar area benoem te word, ‘n vleiland van internasionale belang. 

Geskep: ; Laas opgedateer: