- Limpopo
- Nasionale Krugerwildtuin
- Verre Noord Streek
Verre Noord Streek, Nasionale Krugerwildtuin, Limpopo
- Inligting
- Gallery (12)
- Akkommodasie (3)
- Aantreklikhede (96)
- Winkels & Dienste (2)
Die Verre Noordelike streek van die Kruger Park strek suid van die Limpopo Rivier, wat die internasionale grens tussen Zimbabwe en Suid-Afrika vorm tot by die Steenbokskeerkring.
Mopaniebome domineer hierdie area. Die groot distrik is meestal droog en plat behalwe vir sommige areas waar hoër reënval veroorsaak dat daar digter Mopanie bos voorkom. Hierdie is veral opvallend rondom Punda Maria. Aan die noorde van Punda Maria word die indrukwekkende uitsig verander na sandsteenkoppies en 'n oorvloed van reuse Kremetart Bome.
Wildsbesigting is veral goed langs die rivier sisteme van hierdie streek. Njala, Swartwitpens, Bastergemsbok, Eland, Buffels en Olifante word gereeld gesien terwyl roofdiere soos Leeu, Jagluiperd en Luiperd net op geleentheid gesien word.