Skukuza Ruskamp

Skukuza Kamp is die grootste kamp in die Kruger Wildtuin, is gelee op die oewer van die Sabie Rivier. Dit het baie historiese plekke en uitstekende wildsbesigtiging.

Gedurende Skoolvakansies word programme aangebied in die opvoedkundige sentrum en films word vertoon in die amfiteater.

Skukuza bied dag- en nagritte, bosbraai, begeleide staproetes en konferensie fasiliteite aan, asook 'n omgewings opvoedings staproete aan.

Daar is 2 swembaddens vir inwoners, asook 'n dagbesoekers area met 'n swembad buite die kamp.

Speel gerus 'n potjie golf op die golfbaan, besoek die geskiedkundige Stevenson-Hamilton Memorial Biblioteek of gaan op 'n staproete langs die wildernis staproete.

Fasiliteite

  • Poskantoor
  • Bank
  • Publieke Telefoon
  • Restaurant
  • Winkel
  • Kar Huur
  • Kar Was
  • Petrol Stasie
  • Delicatessen
  • Ouditorium en Konferensie kamer
  • Messegoed en Borde te Huur by Ontvangs
  • Wasgoed fasiliteite
  • Inheemse Kwekery
  • Internet Kafee

Geskep: ; Laas opgedateer: