Pathfinda
ontdek jou geheime plek

Lukimbi Safari Lodge is 'n asemrowende lodge in die suide van die Kruger Nasionale wildtuin. Die lodge akkommodeer tot 32 gaste in 14 ruim en twee ekstra luukse kamers.Ons Reuse Ooruil en Koning Jagluiperd kamer het elkeen 'n privaat swembad en tweede badkamer. Aangesien dit op die oewer van die Lwakahle Rivier gebou is, het elke hut 'n rivier uitsig. Hierdie is 'n loge met kuns, kleur en opwindende meubels, maar tog word mens se aandag vinnig na die aanloklike bos buite getrek.

Hoë loopvlakke

Die oopheid van die argitektuur verseker dat mens bewus is van die voëlsang en beweging van die diere daar buite. Die hoogte van die lodge bo die rivier verskap 'n goeie uitsig, wat gepaard gaan met 'n gevoel van veiligheid. Die hoë loopvlakke voorsien gaste met maklike toegang tot hulle kamers.

Uitslaap

Met 15 000 hektaar vir Lukimbi se eksklusiewe gebruik, kan gaste opwindende wildsritte in oop voertuie geniet en lang staptogte gedurende die dag. Uitslaap aande kan gereël word by 'n unieke boskamp, sonder enige ekstra koste.

Konferensie fasiliteite

'n Ten volle toegeruste besigheids- en konferensie sentrum stel maatskappye in staat om konferensies met 'n verskil te beplan en geniet.

Kapel

Lukimbi se klein, intieme kapel voorsien spesiale troues in die Suid Afrikaanse bos. Vervoer van die Primkop lughawe kan gereël word, of as alternatief kan gaste na die Malelane lughawe vlieg, waar hulle ontmoet sal word en na die lodge vervoer word.

Kinders

Kinders is welkom, maar ongelukkig nie onder die ouderdom van 2 jaar oud nie.

Vol kinderprogramme en aktiwiteite is beskikbaar. Vra asseblief by die lodge vir meer inligting.

Families met kinders onder die ouderdom van 5 jaar moet hulle eie privaat voertuig bespreek, prys of aanvraag. Kinderoppasser fasiliteite is beskikbaar.

Nie meer as 6 kinders op dieselfde tyd nie. Alle families met kinders sal in dieselfde vleuel van die lodge geboek word. 'n Maksimum van 2 kinders kan 'n kamer met hulle ouers deel. Kinders bo 12 sal hulle eie kamer kry.





Geskep: ; Laas opgedateer: