Phabeni Gate

Phabeni Hek is in 2002 gebou om dit makliker te maak vir reisigers wat van ver af kom om die wildtuin vanaf Hazyview. Phabeni beteken "skuiling" en is ook die naam van die stroompie wat mens oorkruis net nadat jy die hek binnekom. Die geboue by die hek het 'n etniese Afrika ontwerp.

Wildsbesigtiging is gewoonlik goed reg van die begin af, as gevolg van die basalterige "gabbro" wat tussen die koppies le. Die donker kleierige grond wat tussen die gabbro gevind word ondersteun soeter gras en beide blaarvreters en grasvreters. Die plantegroei in die area is nie so dig nie en daarom kan mens ook verder in die bos in sien.

Dominate bome is meestal knoppiesdoring, maroela bome en boswilge.

Kort nadat mens die hek binnekom kry jy die Albasini Bouval, die handels winkel van Joao Albasini wat in 1846 gebou is.

Geskep: ; Laas opgedateer: