Matjulu waterhole & viewpoint

Langs die S110, aan die voet van die Matjulu Koppie (627m) is 'n watergat waar witrenosters gereeld kom drink, terwyl koedoe, kameelperd en wildehonde ook somtyds gesien word.

Mens is meer geneig om blaarvreters soos koedoe, kameelperd, rooibokke of duikers langs die Matjulu ompad te sien as grasvreters soos zebra, buffels en wildebees en die digte plantegroei maak die uitsig moeilik.

Daar is baie luiperds in die koppies rondom Matjulu ompad, alhoewel hulle nie maklik gesien word nie.

Daar was al 'n handvol  menslike sterftes wat deur luiperds veroorsaak is in Kruger, waarvan een naby aan die Matjulu watergat was in 1998.

Geskep: ; Laas opgedateer: