Tshokwane piekniek plek is een van die Kruger se gunsteling plekke om bene te strek en te ontspan in die koel skaduwee. Dit kan baie besig raak ook die vakansietye maark gelukkig is daar baie spasie en het gewoonlik genoeg sitplek om al die moeë en honger besoekers te akkommodeer.

In die middle van die piekniek area is 'n groot boom met 'n grasdak lapa en 'n klein winkel. Die winkel verkoop versnapperinge en ander noodsaaklikhede. Die kombuis berei die heerlikste disse voor, terwyl gaste buite tradisionele maaltye soos pap en wors kan bestel wat oor 'n oop vuur voorberei word.

Tafels en stoele is volop en meeste het lekker skaduwee. Daar is ook ablusie fasiliteite en braai areas. Gasbottels en panne kan gehuur word teen 'n nominale fooi.

Tshokwane is 'n uitstekende voëlkyk area, en sekere voëls is al baie mak en sal mense benader. Mense word nooit aangeraai om hulle aan te raak of te voer nie. Eekhorings raak ewe mak en is glad nie skaam om oor te stap na jou bord vir 'n happie of twee nie.

Voëlkykers moet uitkyk vir Bennet's Houtkapper, Groot-blouoorglansspreeu, Kuifkophoutkapper, Katlagter en Kleingeelvink. Die Groot-blouoorglansspreeu maak hulle neste partymaal in die Hardekool boomstompe wat gebruik word as pilare vir die sentral grasdak lapa. Luister ook vir die roep van die Spookvoël en hou dop tussen die tafels vir die onopvallende Gevlekte Lyster.

Kontak Ons

Tshokwane Picnic Spot
Adres: Sentrale Streek, Nasionale Krugerwildtuin
LimpopoSuid-Afrika
24° 47′ 11.083″ S, 31° 51′ 32.555″ E

Voeg by jou kontakte

Nabygeleë roetes

Nasionale Krugerwildtuin - Top 10 roetes
Nasionale Krugerwildtuin - Teerpaaie
Nasionale Krugerwildtuin - Sandpaaie

Geskep: ; Laas opgedateer: