Rabelais' Hut

Hierdie gepreserveerde hut, wat in gebruik was van 1926 as die oorspronklike ingang tot die Krugerwildtuin, is nou 'n historiese gebou en huisves 'n klein museum en informasie sentrum.

Die klein museum hut is meestal opgedra aan 'n baie vrygewige paartjie, Mnr James H. Orpen en sy vrou Eileen, wie sewe plase wat 'n massiewe 24,500 hektaar beslaan, op hul eie onkoste gekoop het in hierdie area en aan die Kurgerwildtuin geskenk het om deel van die grond te beslaan.

As gevolg van die Orpens se donasie van plase, kon die grens verder wes geskuif word. Die mooi kamp Orpen dra ook hul naam as 'n gedenkteken.

Mnr Orpen, 'n inspekteur van beroep en ook 'n lid van die Nasionale Parkeraad, het nog meer bygedra deur boorgate in die Kruger te laat boor om permanente waterbronne te voorsien aan die wild wat in daardie tyd se onomheinde Park was, sodat hulle nie buite die bewaarde area hoef te beweeg waar hulle oorgelaat was aan die genade van jagters.

Aan die oostekant van die hut is Rabelais watergat, wat gewoonlik 'n groot hoeveelheid wild aantrek.




Geskep: ; Laas opgedateer: