Nsemani Dam

Op die H7, net wes van Satara, ry mens verby Nsemani Dam, wat geleë is in 'n baie digte omgewing.

Die habitat is perfek vir waterbok en jy sal altyd seekoeie daar kry, in die water of besig om the wei op die grasperkagtige oewer van die dam. Luiperd word ook gereeld gesien tussen die digte bosse rondom die dam, asook klein bokkies soos steenbok of duikers.

Nsemani Dam is ook die tuiste van 'n groot verskeidenheid voëls soos Bontkiewiet, Kolgans, Wildemakou, Visarend, Lepelaars, Bloureier en Buffelwewers.

Vertoef bietjie langs Nsemani en al wat jy moet doen is kyk...luister...en geniet die wildslewe wat algemeen in en om die dam leef. Jy sal nie teleurgesteld wees nie.

Geskep: ; Laas opgedateer: